Mede-wete - cover

Mede-wete

Antjie Krog

  • 24 oktober 2014
  • 9780798167888
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

Antjie Krog se digterskap het begin met verset teen taal en gesag wat meer was as jeugdige rebelsheid – dit was ’n begeerte om die taal sélf los te maak van beperkinge. Kwessies rondom gewete, geheue en taal word nou, in haar eerste digbundel in agt jaar, tot ’n nuwe intensiteit gevoer. Uit dié gedigte blyk ’n diep verknogtheid aan haar geboortegrond en ’n volgehoue betrokkenheid by die land se komplekse geskiedenis. Te midde van verse waaruit ’n woede oor sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook treffende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug, waarin die gesprekke opklink wat ons elke dag om ons hoor. Ook verse oor afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela ’n hoogtepunt is. Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal – juis om nuwe betekenis te skep – dat Antjie Krog ’n opwindende digbundel lewer. Ook in Engels as Synapse verkrygbaar.

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok