Low Carb is Lekker (Afrikaans) - cover

Low Carb is Lekker (Afrikaans)

Ine Reynierse

  • 19 mei 2015
  • 9781432305819
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

Low carb is LEKKER is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat ’n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak. Haar ‘lae-koolhidraat’-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ’n behoefte aan ’n versameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is LEKKER is gebore. Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert). Geskryf deur ’n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel. Low carb is LEKKER sal beslis byval by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok