Die Banting-sakgids - cover

Die Banting-sakgids

Tim Noakes

  • 01 februari 2017
  • 9781776091669
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

DIE TOPVERKOPER DIE BANTING-SAKGIDS, IN VENNOOTSKAP MET DIE NOAKES-STIGTING EN DIE EET BETER, SUID-AFRIKA!-INISIATIEF, IS NOU BESKIKBAAR IN ’N GEBRUIKERSVRIENDELIKE SAKPAS-FORMAAT!

Danksy julle versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-dieet suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids bevat ’n hoofstuk deur die passievolste en mees gerespekteerde Banting-ondersteuner, prof. Tim Noakes; dit verskaf antwoorde op jou grootste kwelvrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; voorsien handige maaltydplanne, Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal ’n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie, baie meer. Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok