Outopsietafel - cover

Outopsietafel

Ryan Blumenthal

  • 10 maart 2025
  • 9781776194711
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van 'n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as 'n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is. Blumenthal bied 'n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens 'n ondersoek gebruik. Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of 'n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok