Van 1986 tot 1994 word die Kaapse Vlakte geterroriseer deur die Stasiemoordenaar – 22 jong seuns en mans verdwyn spoorloos. Norman Simons, in 1995 skuldig bevind aan een van die moorde, is in 2023 op parool vrygelaat. Tergende vrae bly egter spook. Julian Jansen volg die spoor van die seuns om lig te werp op hierdie donker raaisel.