Die De Zalze-moorde - cover

Die De Zalze-moorde

Julian Jansen

  • 06 november 2017
  • 9780624080992
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

Die Van Breda's was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In 'n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oënskynlik 'n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: dié saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. Terselfdertyd raak die gebeure hom diep. Van die familie en vriende stort mettertyd hul harte teenoor Jansen uit, en 'n prentjie kom na vore van ouers raadop met 'n moeilike "eenkantkind", boonop met 'n dwelmprobleem... Kan dit wees dat die Van Breda's se eie kind die byl gelig het? Rapport-joernalis Julian Jansen volg die moordsaak dag en nag reg van die begin af. Nie net as verslaggewer vir die grootste Afrikaanse koerant nie, maar ook omdat hy die menslike sy van dié tragedie probeer verstaan.

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok